Franco meen Twitter se dae is getel
2011-04-05 23:00
New York – Volgens die Amerikaanse akteur James Franco, wat skaars ‘n maand lank op Twitter bedrywig is, is sosiale media se dae getel, het die Huffington Post berig.
“Sosiale media is verby,” het hy volgens Politico gesê.
“Dis op die oomblik nog gewild maar is vinnig op pad uit.”
“Aan die begin kon ek enigiets op Twitter kwytraak want dit was my eie profiel, maar verskeie maatskappye het my vinnig-vinig begin sensor,” het hy vertel.
“As jy wil skryf moet jy eerder minder tyd op Facebook spandeer,” het Franco jong skrywers aangeraai.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.