Foto's van lykskouing in Jackson-saak
2011-04-21 22:05
Los Angeles – Die regter in die saak van manslag teen
Michael Jackson se dokter, het gesê die aanklaers mag twee foto’s van die
sanger se nadoodse ondersoek gebruik.
Regter Michael Pastor het gesê die foto’s is
nie grusaam nie en mag in die saak teen Dr. Conrad Murray gebruik word.
Dr. Murray word daarvan aangekla dat hy vir
Michael Jackson ‘n dodelike dosis propofol toegedien het.
Sy regsverteenwoordigers voer egter aan dat
Jackson sélf die verdowingsmiddel geneem het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA