Fotograaf dalk in boeie oor Kate-naakfoto's
2012-10-29 17:50
Londen – Die fotograaf wat naakfoto's van Catherine, die hertogin van Cambridge, geneem het, is geïdentifiseer en sy is naam is aan owerhede gegee.
'n Reeks foto's waarin Catherine sonder 'n bostuk verskyn, is in die tydskrif Closer gepubliseer, maar die koninklike familie beweer dit is op privaateiendom geneem en skend die paartjie se privaatheid.
Marie-Christine Daubigney, staatsaanklaer, het gesê owerhede in Frankryk het die naam van die fotograaf ontvang.
"Die nuwe inligting oor die fotograaf sal aan die ondersoekbeamptes oorhandig word."
Indien die fotograaf skuldig bevind word kan hy tot 'n jaar tronkstraf of 'n boete van sowat $60 000 (sowat R520 000) opgelê word.
Laurence Pieau, redakteur van die tydskrif Closer, het bevestig dat hulle 'n vryskut-fotograaf aangestel het om die foto's te neem, maar weier om sy identiteit bekend te maak.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter