Forrest Gump nou 'n kultuurskat

2011-12-28 19:04
Tweets Share Share line Print

Washington, DC – Die bekende filmkarakter Forrest Gump sal eersdaags pryk in die wêreld se grootste argief van rolprente, televisie- en klankopnames.

Die Amerikaanse kongresbiblioteek het Woensdag aangekondig dat die trefferfliek Forrest Gump met Tom Hanks, wat in 1994 uitgereik is, een van 25 rolprente is wat gekies is om in die VSA se nasionale rolprentregister opgeneem te word.

Die oudste rolprente wat by die lys ingesluit sal word is twee klanklose rolprente, albei uit 1912. The Cry of the Children handel oor kinderarbeid en A Cure for Pokeritis het die filmbedryf se eerste komiese superster, John Bunny, in die hoofrol.

Ook Charlie Chaplin se eerste vollengte-rolprent, The Kid, is ingesluit.

Die Amerikaanse kongresbiblioteek kies elke jaar 25 rolprente wat "kultureel, histories en esteties" belangrik is. Altesaam 2 228 rolprente is in 2011 benoem.

Ander rolprente wat gekies is sluit in die Disney-tekenprent Bambi, wat in 1942 gemaak is, sowel as 1991 se The Silence of the Lambs,  en die oorspronklike rolprentweergawe van War of the Worlds, wat in 1953 die eerste keer gedraai het.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: disney  |  vsa  |  rolprente

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.