Fokof, klassieke orkes tree saam op
2012-09-15 09:33
Kaapstad – Heineken hou binnekort ‘n konsert wat beslis nie misgeloop kan word nie.
Plaaslike pop- en rockgroepe gaan by GrandWest en Carnival City die verhoog met ‘n simfonie-orkes deel.
Groepe soos MiCasa, Zahara en Tumi & the Volume gaan sorg vir ‘n bietjie Afrika-ritmes, terwyl Just Jinjer se Ard Matthews ook sy stem gaan dik maak.
Heineken Symphonic Rocks maak ook plek vir unieke optredes deur Van Coke Kartel en die Afrikaanse rocksterre van Fokofpolisiekar.

Selfs Ed Roland, voorsanger van Collective Soul, ‘n legendariese groep uit die VSA, gaan ‘n draai maak.
Elke groep sal deur 22 viole, agt altviole, ses tjello’s, vier basviole en ‘n harp begelei word. Blaasinstrumente en ‘n volledige perkussie-afdeling sal die klanke afrond.
Besoek Heineken Symphonic Rocks vir meer inligting. Kaartjies is by Computicket te koop.
Besonderhede oor die konsert:
29 September: GrandWest Grand Arena, Kaapstad
6 Oktober: Carnival City Big Top Arena, Brakpan
Tyd: 20:00
Koste: GrandWest R200 tot R225, Carnival City R225 tot R250
Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24