Fliekgangers trek neus op vir 3D

2011-12-22 09:01
Tweets Share Share line Print

Hollywood, Los Angeles – Twee jaar ná die uitreiking van die 3D-treffer Avatar sukkel Hollywood steeds om dié tegnologie ten beste in te span.

Fliekgangers het intussen gewoond geraak aan die nuwigheid om flieks in drie dimensies te kyk en raak moeg vir die irriterende bril.

Die jaar eindig wel met ’n paar 3D-flieks wat goed ontvang is, waaronder Steven Spielberg se vakansietreffer Tintin en Martin Scorsese se Hugo.

Kenners sê egter fliekmakers kan nie meer net staat maak daarop dat ’n fliek in 3D is om mense sover te kry om ekstra geld daarvoor uit te haal nie.

Jeff Bock, ’n loketontleder, het aan AFP gesê 2011 het ’n paar waardevolle lesse aan fliekmakers geleer. “Gehore wil nie meer vir 3D betaal as dit nie ook ’n uitstekende fliek is nie,” sê hy.

Die 3D-revolusie kom te midde van die fliekbedryf se pogings om homself te vernuwe terwyl die maniere waarop flieks gekyk kan word vermeerder.

Tekens dat die 3D-bedryf swaarkry, is nie net duidelik uit die loketmislukkings van flieks soos Fright Night, Conan the Barbarian, Glee en Spy Kids nie, maar ook in die dalende verkope van 3D-televisies. Marknavorsing dui aan die prys van dié TV’s en die dra van ’n bril skrik mense af. 3D-flieks wat in 2012 uitgereik sal word, sluit in Men in Black III, The Amazing Spider Man, The Avengers en The Hobbit.

Maar die fliek wat waarskynlik die meeste mense na die teaters gaan lok, The Dark Knight Rises, sal slegs in 2D uitgereik word.

“Wat sê dit vir jou?” vra Bock. “Dit gaan altyd allereers oor die storie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: animasiefilms  |  films

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.