Filmmaatskappy kap Ashton oor regsstappe
2010-12-08 20:37
Kaapstad – Die filmmaatskappy wat ‘n bloufilm oor Ashton Kutcher se sekskapades met skelmpie Brittney Jones gemaak het, skrik blykbaar nie vir sy dreigemente nie, berig Tonight.
Kutcher het die filmmaatskappy, Vivid, met regsstappe gedreig omdat, volgens sy prokureurs, hulle Ashton se goeie naam om Brittney Jones se seksfliek te bevorder.
Maar, het Vivid geantwoord, dit is nie hulle skuld as Kutcher se naam deur die modder gesleep word omdat hy ‘n verhouding met Brittney gehad het nie.
Vivid het nie die gerugte begin nie, sê die maatskappy.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.