Film vier moeder aarde
2009-09-14 08:11
Amanda de Lange
Die nuwe dokumentêre fliek Earth is ’n viering van die skoonheid van ons planeet en ook ’n herinnering aan die delikate broosheid van die plek waar ons woon.
Dié fliek, wat deur BBC World-wide en Green Light Media verfilm is, vertel die verhaal van drie gesinne wat oor die aarde heen migreer en wys dele van die aarde wat nog nie voorheen op film vasgevang is nie.
Dit het vyf jaar geduur om te vervaardig, is in 200 bestemmings in 26 lande verfilm en saamgestel uit duisende ure se beeldmateriaal – wat 250 uur se fotografie vanuit die lug insluit.
Die rolprent word op Woensdag 23 September landwyd in verskeie Cinema Nouveau en Ster-Kinekor-teaters uitgereik.
Luidens ’n persverklaring deur Ster-Kinekor is Earth baie gunstig in ander lande ontvang en daar word verwag dat dit
een van die gewildste natuurgeskiedenis-rolprente tot nog toe sal word.
- Beeld