Film soek bevondsing
2011-03-02 18:00
Kaapstad – Die vervaardigers van Bloedsuiers, ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rolprent wat tans verfilm word, wil hê aanhangers moet beleggers van die film word.
Dié film handel oor die sogenaamde bloedsuiers wat al van Jan van Riebeeck se dae af hier in Suid-Afrika ronddwaal. Dan vang twee aspirant-vampierjagters in die hedendaagse Kaapstad per ongeluk een van dié bloedsuiers.
Inge Beckmann, Rob van Vuuren, Francois van Coke en André Roothmann gaan in die film te sien wees.
Aanhangers van die film het tot 7 Maart kans om na Bloedsuiers se webwerf te gaan om te registreer. Hulle sal dan toegang tot eksklusiewe inhoud kry en ook die kans om pryse te wen.
Volgens Benjamin Cowley, vervaardiger van Bloedsuiers, is die idee agter die veldtog om die gehoor by die maak van die film te betrek.
“Ons wil uitvind wat die gehoor se verwagtinge is en dit probeer vervul.”
Cowley wou nie die voorgestelde begroting van die film bekendmaak nie, ook nie hoeveel geld hulle beplan om deur die veldtog in te samel nie. Hy het wel gesê dat die veldtog 50% van die begroting uitmaak.
Dit kos R30 om by die veldtog aan te sluit.
- Kliek hier om Bloedsuiers se webwerf te besoek.
- Volg Nuus24 op Twitter.