Film oor vigs maak debuut in SA
2011-12-01 14:00
Johannesburg – 'n Film wat kykers inlig oor hoe 'n mens MIV/vigs kry en hoe die virus versprei, is op Wêreldvigsdag in Suid-Afrika bekendgestel.
Die film, wat gebruik maak van animasie, se karakters is almal afkomstig van Kenia, Nigerië en Suid-Afrika.
Die vervaardigers van die film hoop dit gaan regdeur die land vertoon word veral in plekke wat die meeste deur die virus geraak word.
Die film, getiteld Inside Story: The Science of HIV/AIDS, word Donderdag (vandag) vir die eerste keer vertoon.
Dit sal in Januarie in Washington, Amerika, vertoon word en later volgende jaar in Nigerië.
Dit het die vervaardigers vyf jaar en $2 miljoen (sowat R16 miljoen) gekos om die film te skiet.
Die geld vir die rolprent is deur die Amerikaanse- en Suid-Afrikaanse regerings ingesamel asook deur die Verenigde Nasies se vigs-agentskap en ander skenkers.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP