Film onthul Japanese dolfyn slagpale
2009-07-31 15:00
New York – ‘n Geheime inham waar Japanese vissermanne dolfyne vang en moontlik slag vir kos word in ‘n nuwe dokumentêre film, ‘The Cove’, onthul.
Die spanningvolle film wys hoe vissermanne in Japan duisende dolfyne na die inham lok, waar die diere dan verdwyn.
Aktiviste vermoed die dolfyne word aan pretparke verkwansel of geslag. Die media word egter deur doringdraad omheining weerhou daarvan om die inham in Taiji, Japan, te verfilm.
Japan se dolfynslagting begin elke jaar in September.
- Reuters