Fees van eietydse en ou flieks in Centurion

2011-08-13 07:54
Tweets Share Share line Print

Centurion – Die iMPAC-rolprentfees vind dié naweek by die Open Window-kampus in Centu­rion plaas en belangstellendes in flieks en die geskiedenis daarvan behoort veral die George Méliès-program môreaand interessant te vind.

Hierdie program word aangebied om die geboorte van Méliès 150 jaar gelede te gedenk.

Méliès (1861-1938) was gefassineer deur flieks sedert hy die Lumière-broers se eerste fliekvertoning op 28 Desember 1895 gesien het.

Hy het kort daarna sy eie kameraprojektor gebou en net ’n paar maande later sy eerste eie fliek vertoon.

Hy word alom beskou as die vader van spesiale effekte.

Méliès het toevallig agtergekom die kamera kon gebruik word om tyd en ruimte te verwring toe sy kamera eendag gestol het tydens verfilming. Daarna het hy hom toegespits op die skepping van komplekse spesiale effekte.

Hy het in sy leeftyd meer as 500 flieks gemaak deur dit te finansier, regisseer, verfilm en in byna elkeen daarvan te speel.

’n Vertoning van ses kortflieks môreaand om 18:30 sal ’n fassinerende blik bied op die begindae van rolprente. Dié flieks is The Man with the Rubber Head (1901), A Trip to the Moon (1902), The Impossible Voyage (1905), The Diabolic Tenant (1909), The Merry Frolics of Satan (1906) en The Conquest of the Pole (1912).

Dié stilflieks sal as begeleiding die musiek van die Rotoscope-orkes hê onder leiding van die plaaslike kuns­tenaar Magalela Mtshali. Kaartjies vir die vertoning, wat sowat ’n anderhalfuur duur, kos R60.

Die rolprentfees is een van die projekte van die iMPAC-inisiatief wat die fliekbedryf in Afrika wil bevorder.

Flieks van die Open Window-studente sal as deel van die fees vertoon word.

Ander hoogtepunte sluit in ’n vertoning van die meesterlike Ethiopiese fliek Night of Counting the Years vandag om 17:00.

Die 1927-stilfliek Sunrise deur die Duitse fliekmaker F.W. Murnau word vanaand om 20:00 vertoon. Murnau is destyds na Hollywood genooi met die opdrag dat hy totale artistieke vryheid kon geniet met enige projek wat hy wou aanpak. Sunrise was die resultaat.

Die kontemporêre klankkunstenaar Jacob Israel en die klankbaanargitekte A Skyline on Fire het ’n oorspronklike klankbaan vir die fliek geskep wat lewendig uitgevoer sal word.

Daar is ook ’n skaduteatervertoning, Yanagi/Dragonface, môre om 12:00 vir volwassenes.

Vir meer inligting oor die program besoek www.impac.co.za.

Kaartjies is beskikbaar om al die nommers van die naweek by te woon teen R300 en ’n dagkaartjie kos R120. Toegang kan ook per nommer betaal word (sien die webblad vir pryse).

Studente kry 50% afslag met die vertoon van ’n geldige studentekaart.

* Bespreek by Louise Malan by 074 151 0926 of stuur e-pos na louisemaln@gmail.com.

* Die Open Window-kampus is in John Vorsterrylaan in Southdowns, Centurion.

- Beeld

Lees meer oor: filmfees  |  rolprente

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.