FB maak Bono binnekort die rykste rocker
2012-02-06 12:00
Los Angeles – Bono se aandele in die sosiale netwerk Facebook sal hom binnekort die rykste rockster op die planeet maak wanneer die maatskappy op 'n aandelebeurs noteer.
Die Ierse rocksanger besit deur sy beleggingsmaatskappy 1,5% van die aandele in Facebook.
Onder huidige waardasies, wanneer die sosiale netwerkwebwerf later vanjaar op die aandelebeurs noteer, sal Bono se aandele net onder $1 miljard (sowat R7,6 miljard) werd wees.
Bono se maatskappy het in 2009 in Facebook belê en het sowat $90 miljoen (sowat R685 miljoen) vir die aandele opgedok.
Die nuwe verwikkeling beteken dat Bono op papier minstens $1,1 miljard (R8,3 miljard) sal werd wees en sowat $300 miljoen (sowat R2,2 miljard) ryker as sir Paul McCartney, die rykste rockster op die planeet, sal wees.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter