FBI ondersoek halfkaal foto’s van aktrise
2011-09-15 11:00
Los Angeles – Die Amerikaanse federale speurdiens, die FB, is besig met ‘n ondersoek nadat halfkaal foto’s van Scarlett Johansson op die internet beland het.
Die foto’s wat glo deur Johansson self geneem is, is op skinderwebwerwe gepubliseer.
Justin Timberlake het glo ook onder kuberkrakers deurgeloop nadat foto’s van hom, wat deur die aktrise Mila Kunis geneem is, ook gepubliseer is.
“Die FBI is besig om mense wat glo verantwoordelik is vir die publikasie van die foto’s te ondersoek,” het Laura Eimiller van die FBI-kantoor in Los Angeles gesê.
Sy wou nie die verdagtes se name bekend maak nie omdat die ondersoek steeds aan die gang is.
Johansson se woordvoerder het nie onmiddellik kommentaar gelewer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP