Eva Longoria weer enkellopend
2011-02-01 11:18
Los Angeles - Die Desperate Housewives-aktrise Eva Longoria en haar man, Tony Parker, se huweliksbootjie het finaal gesink.
Die paartjie, wat vir die afgelope drie jaar getroud was, is op Vrydag, 28 Januarie geskei.
Ondanks haar persoonlike probleme het Eva (35) steeds ‘n verskyning by die SAG-toekennings, wat deur die Amerikaanse Akteursgilde gereël word, gemaak.
Eva word glo reeds romanties verbind met die 25-jarige Eduardo Cruz, Penelope Cruz se jonger broer.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.