Eva Longoria se restaurant is bankrot
2011-01-11 22:28
Los Angeles – Eva Longoria se restaurant en nagklub in Las Vegas het ‘n aansoek om bankrotskap ingedien.
Die ster van Desperate Housewivers besit 32% van die restaurant, Beso.
Die nagklub, Eve, is op dieselfde perseel as Beso.
Volgens die hof, word die restaurant gelys as ‘n skuldeiser aan wie omtrent R2.5 miljoen se regskostes geskuld word.
‘n Lening van R6.8 miljoen is ook nog uitstaande geld wat aan die restaurant behoort.
Al het Beso ‘n profeit van R100 miljoen gemaak die afgelope jaar, verloor die maatskappy omtrent R522,000 ‘n maand en skuld hulle hul verhuurder, Crystals, R12.3 miljoen.
Volg Nuus24 op Twitter.