Errol van 7de Laan raak op Tafelberg verloof
2012-01-26 13:00
Kaapstad – Christo Davids, beter bekend as Errol van 7de Laan, en sy vriendin, Cindy Khana, het die jaar op 'n hoë noot begin toe hulle op 6 Januarie verloof geraak het, het Sarie.com berig.
Davids en Khana is reeds nege jaar saam.
Davids was einde verlede jaar in die Kaap besig met David Kramer se produksie, Some Like it Vrot, en was ook betrokke by die Cape Heart Theatre waar hy 'n artistieke direkteur is.
Dié twee beplan om Maart 2013 te trou.
– Volg Nuus24 op Twitter.