En die wêreld se bes betaalde paartjie is?
2011-08-24 12:53
Los Angeles – Die supermodel Gisele Bundchen en haar man, die voetbalspeler Tom Brady, is Woensdag as die wêreld se hoogsbetaalde paartjie aangewys.
Bundchen en Brady het vir die periode vanaf Mei 2010 tot 2011 ongeveer $76 miljoen (sowat R547 miljoen) verdien. Bundchen se werksverpligtinge het $45 miljoen (sowat R324 miljoen) tot hul gesamentlike inkomste bygedra.
Volgens Forbes magazine is Beyonce Knowles en Jay-Z in die tweede plek. Knowles se bydrae van haar rekordverkope was $35 miljoen (sowat R252 miljoen) terwyl Jay-Z ongeveer $37 miljoen (sowat R266 miljoen) ingebring het.
In die derde plek is Brad Pitt en Angelina Jolie wat $50 miljoen (sowat R360 miljoen) vir dieselfde periode verdien het. Pitt het $20 miljoen (sowat R144 miljoen) verdien, terwyl Jolie $30 miljoen (sowat R216 miljoen) verdien het.
David en Victoria Beckham is in die vierde plek met hul gesamentlike inkomste van $45 miljoen (sowat R324 miljoen) alhoewel $40 miljoen (sowat R288 miljoen) deur die sokkerster verdien is.
Die Twilight-sterre Robert Pattinson en Kristen Stewart, wat glo ook van die stel af ‘n paartjie is, is in die vyfde plek met ‘n inkomste van $40 miljoen (sowat R288 miljoen).
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.