Emperors Palace lig vermaakpot se deksel

2011-12-21 08:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Rockgroepe, kabarette en akrobatiese vertonings is van die hoogtepunte wat voorlê op Emperors Palace se 2012-kalender.

’n Splinternuwe kabaret, Retro Fever, open in Januarie in die Odeon Showbar. Dit is geregisseer en vervaardig deur Rob Pucci en die span sal die gehoor neem op ’n musikale reis van die grootste treffers van die 1970’s, ’80’s en ’90’s.

Kaartjies kos R65 per persoon en kan by die deur gekoop word. ’n Komplimentêre skemerkelkie is ingesluit. Retro Fever is te sien van 13 Januarie tot 14 April (slegs op Vrydag- en Saterdagaande).

Die gewilde Suid-Afrikaanse rockgroep The Parlotones is op 19 en 20 Januarie op die verhoog van die Theatre of Marcellus om hul grootste treffers te kom sing. Kaartjies kos van R215 per persoon.

As deel van die vieringe van die Chinese Nuwejaar sal China se nasionale akrobatiese span – wat al meer as 45 goue medaljes verower het en in 113 lande opgetree het – die gehoor kom betower met hul ongelooflike toertjies in hul vertoning Chinese Marvels.

Hulle tree vir die eerste keer in Suid-Afrika op en is te sien in die Theatre of Marcellus van 27 tot 29 Januarie. Kaartjies kos van R175 per persoon.

Die plaaslike kunstenaar Zahara is ook in die Theatre of Marcellus op 3 en 4 Februarie. Sy sal treffers sing van haar platinum-debuut, Loliwe.

Zahara is bekend om haar mengsel van soul, folk en tradisionele musiek. Kaartjies kos van R115 elk.

Vir fietsry-geesdriftiges lê die 2012 Asca Emperors Palace Cycle Classic voor van 4 tot 6 Februarie. Dit sal die agtste keer wees wat dié uithouren aangebied word en dit bied ’n naweek se vermaak en meer as R50 000 se prysgeld. Meer inligting hieroor by 0011 662 2494 of stuur e-pos na events@cyclingnews.co.za.

Die begin van ’n nuwe jaar beteken ook dat Nataniël terugkeer na die Theatre of Marcellus met sy jaarlikse produksie hier.

In 2012 is hy te sien in Black White Man Woman. Hy het verlede jaar sy C-trilogie (Corona-tion, Cathedral en Combat) afgesluit en in sy nuwe produksie kyk hy na al die lewe se grys gebiede in ware Nataniël-styl. Die speelvak duur van 16 Februarie tot 25 Maart. Kaartjies kos van R140 per persoon.

*Alle kaartjies kan bespreek word by die Emperors Palace-loket by 011 928 1297/1213 of by Computicket. 

- Beeld

Lees meer oor: vermaak  |  feeste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.