Eminem, Lady Gaga sing saam
2012-08-07 14:57
Los Angeles - Eminem het ‘n liedjie saam met Lady Gaga opgeneem
Die rapsanger het ‘n nuwe lied, “Street Lights” saam met Lady Gaga geskryf. Die New Yorkse kletsrymer Kendrick Lamar is ook deel van die lied.
“Ja, ek het hierdie mal liedjie saam met Gaga en Kendrick vir die opkomende album. Die naam is “Street Lights” en dit is net ‘n baie opgewekte liedjie,” het Eminem aan MTV gesê.
Hy het gesê dit sal “vir seker” ‘n enkelsnittreffer wees, maar dit sal eers vrygestel word ná die debuutalbum van die hip-hop-groep Slaughterhouse, wat onder sy Shady Records-platemaatskappy uitgereik word.
“Ons het nog nie ‘n vrystellingsdatum nie, maar dit sal ná Slaughterhouse se album wees,” het hy bygevoeg.
Eminem het Gaga voorheen beledig in die lied “A Kiss”.
Hy het die voorval later probeer wegpraat.
“Dit was een van daardie dinge waar ek soms ‘n grap in my kop kry ek ek wil dit so half met die wêreld deel. Jy weet, dis alles net pret, dis hip-hop.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz