Elvis Blue se eerste CD reeds op top-20
2010-12-29 09:00
Elvis Blue, wenner van vanjaar se Idols-kompetisie, het met sy eerste CD ná sy kroning die Suid-Afrikaanse publiek se harte gesteel.
Die CD, Elvis Blue Special Edition, is reeds op die lys van top-20-verkopers van die laaste twee weke.
Die CD het sommer by die intrapslag op die 17de plek beland.
Die kunstenaars wat dít met ’n eerste uitreiking regkry, kan ’n mens op jou een hand tel.
Die sanggroep Romanz het egter selfs beter gevaar met hul nuwe CD, Treffers Live. Dit is pas uitgereik, maar het een plek bo Blue se CD in die 16de plek sy buiging gemaak.
Albei dié CD’s het oorsese kunstenaars ore aangesit.
Bon Jovi kon met sy CD Greatest Hits net die 19de plek haal.
Die amptelike top-20 word saamgestel uit verkoopsyfers in alle musiekwinkels landwyd.
Vandeesweek se topverkoper is die CD Afrikaans is groot, vol. 3, met Jay van die popgroep Eden se solo-CD in die 9de plek en Bok van Berk se My kreet in die 11de posisie.
- Volg Nuus24 op Twitter