Elton John wil nie seun bederf
2011-01-20 08:38
Los Angeles. – Sir Elton John was sprakeloos toe hy vir die eerste keer pa geword het. Die sanger erken egter dat hy bang is dat hy sy seun sal bederf.
Zachary Jackson Levon is op Kersdag gebore. John en sy lewensmaat, David Furnish, het gesê dat hulle aanvanklik skuilname met die surrogaatma gebruik het, maar dat sy gou “agtergekom het wie hulle is”.
Omdat John én Furnish spermselle bygedra het, weet hulle nie watter een van hulle die biologiese pa is nie.
“Ons wil hom nie met materiële dinge bederf nie, net met liefde en hom sokker toe neem,” het John gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters