Elton John vaar uit teen Madonna
2012-08-08 11:46
Sydney – Die sanger Elton John het gesê Madonna is 'n "kermis ontkleedanser" wie se loopbaan verby is.
Die Britse ster het ook gesê dat sy "so aaklig" was met die popdiva Lady Gaga, sy seun, Zachary, se peetma.
"Sy is so 'n nagmerrie. Haar loopbaan is verby, dit kan ek jou sê," het John in 'n onderhoud, wat in Australië uitgesaai is, gesê.
"Haar toer was 'n ramp.
"As Madonna gesonde verstand het, sal sy 'n liedjie soos "Ray of Light" opneem, en weggebly het van die dansgoed. Sy moes net 'n wonderlike popsanger wees wat wonderlike popliedjies maak. Sy doen dit briljant.
"Maar nee, en sy lyk soos 'n f–n kermis ontkleedanser en sy was so aaklig met Gaga."
Dit is nie die eerste keer wat Elton John uitvaar teen Madonna nie. Hy het vroeër vanjaar gesê haar aanvaardingstoespraak by die Golden Globe-toekennings is "vernederend".
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP