Elton John skryf boek oor vigskrisis
2012-01-10 14:26
Londen – Die Britse sanger Elton John skryf sy eerste boek – 'n eerstehandse ervaring van die vigskrisis.
Die musikant sê Love is the Cure: Ending the Global Aids Epidemic sal herinneringe van vriende wat weens vigsverwante-siektes dood is, insluitend die Queen-hoofsanger, Freddie Mercury, insluit.
Die Britse uitgewer Hodder & Stoughton het gesê die boek word in Julie publiseer, saam met 'n oudioboek wat deur die Britse popster gelees word. Die Amerikaanse uitgewer is Little, Brown.
Die opbrengs van boekverkope sal aan die Elton John-vigsstigting geskenk word.
John het Maandag gesê die boek sal vra hoekom meer nie gedoen word om vigs te kuur nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP