Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Elton John gekap oor China-vertoning

2012-11-28 12:55
Tweets Share Share line Print

Beijing – 'n Dagblad in China het Woensdag die popster Elton John veroordeel omdat hy sy vertoning in Beijing aan die visuele kunstenaar en politieke aktivis Ai Weiwei opgedra het.

Die dagblad het gesê dit is minagtend en kan veroorsaak dat ander Westerse kunstenaars verbied word om in die land op te tree.

"John se onverwagte aksie was minagtend teenoor die gehoor en die kontrak wat hy in China onderteken het," het die Global Times in 'n hoofartikel gesê.

"Hy het politieke inhoud by die konsert gevoeg, wat niks minder as 'n vermaaklikheidsvertoning moes wees nie."

Die 55-jarige Ai is 'n wêreldbekroonde visuele kunstenaar en is uitgesproke in sy kritiek op die Chinese regering.

Hy is verlede jaar 81 dae lank in die tronk aangehou en later veroordeel op grond van belastingbedrog. Hy is 'n boete van $2,4 miljoen (sowat R21 miljoen) opgelê en is 'n jaar lank verbied om die land te verlaat.

"John se optrede sal veroorsaak dat die relevante agentskappe in die toekoms huiwerig sal wees wanneer hulle buitelandse kunstenaars nooi," lui die artikel verder.

Die ikoniese Grammy-bekroonde kunstenaar sal na verwagting volgende week na China terugkeer vir 'n vertoning in die suidelike stad Guangzhou.

Kaartjies vir dié vertoning is steeds te koop en die promotor het aan AFP gesê hy is nog nie van enige kansellasie in kennis gestel nie.

Die Global Times het gesê: "Chinese gehore moenie huiwer om teen die provokateur te betoog en hom uit te jou nie".

Ai het die hoofartikel verwelkom, omdat sy naam weinig in die staatsbeheerde media genoem word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AFP

Lees meer oor: elton john  |  bekendes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Tanya Stobbe Retief sê... Damn. Dis sleg vir cool Afrikaanse musiek. :( Nou gaan dit seker net die doef-doef Darren treffers op ddaai KykNet musiek kanaal wees. :( Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Bedfordview - 13:58 PM
    Road name: N3 Southbound
    STATIONARY LDV and a STATIIONARY TRUCK in the middle lane between Gilloolys Interchange and the Van Buuren Road exit - DELAYS
  • Wednesday Bedfordview - 13:36 PM
    Road name: N12 / R24 Westbound
    DELAYS on both routes towards Gilloolys Interchange due to a stationary LDV and a TRUCK before Van Buuren Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.