Elton John: Idols is vervelig
2010-10-20 16:35
Kaapstad – Elton John het vandag se liedjieskrywers as “uiters swak” afgemaak, en die poplegende meen hedendaagse popmusiek is oninspirerend en realiteitsreekse vervelig, berig EyeWitnessNews.
Hy het ook tydens ‘n onderhoud gesê realiteitsreekse soos American Idol verveel hom.
Die 63-jarige sanger van treffers soos “Your Song” en “Candle in the Wind” het bygevoeg dat dié tipe kits-roem nié die manier is om roem te verwerf in die musiekbedryf nie.
“Dit is belangrik dat popkunstenaars hul eie liedjies skryf.
“Op die manier is hulle nie uitgelewer aan enigiemand anders nie,” het Elton John tydens sy onderhoud met Radio Times, gesê.
“Vandag se liedjieskrywes is uiters swak,” het hy bygevoeg.
“Dis hoekom alles so dieselfde klink.”
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.