Elmo de Witt oorlede
2011-04-01 11:36
Kaapstad - Die veteraan rolprentregisseur Elmo de Witt is in die ouderdom van 76 in Uvongo, KwaZulu-Natal aan longverwante probleme oorlede.
De Witt en sy vrou, Riana, wat in Potchefstroom woon, was met vakansie aan die suidkus toe hy siek geword het.
De Witt is veral bekend vir sy rolprente soos Debbie, Hoor my Lied en Grensbasis 13.
Die rolprentressensent, Leon van Nierop, sê De Witt was 'n geliefde en baie produktiewe regisseur wat in die sestiger- en sewentigerjare 'n groot bydrae tot Suid-Afrika se rolprentbedryf gelewer het.
De Witt word oorleef deur sy vrou en twee kinders.
- Vir meer inligting besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.