Ellen stem haarself van Idols af
2010-07-31 04:47
Los Angeles – Ellen DeGeneres, beoordelaar op die gewilde program, American Idol, het onverwags bedank en gesê dié werk was nie reg vir haar nie.
Ellen, 'n bekende komediant met haar eie kletsprogram, was net ‘n jaar op American Idol te sien.
Die werkslading was glo te veel en sy het dit moeilik gevind om die gevoelens van die deelnemers seer te maak.
Met Ellen wat slegs vir een seisoen op American Idol te sien was, is Jennifer Lopez gereed om haar skoene te vul.
Lopez, wat al voorheen op dié program as 'n mentor was, gaan dalk ‘n ooreenkoms met Fox TV aangaan om ‘n beoordelaar op die program te word.
Fox wou nie kommentaar lewer nie en eposse aan Lopez se woordvoerder was nie onmiddellik geantwoord nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters