Elizma praat oor Theuns
2010-03-11 13:00
Kaapstad - As ‘n meisie vir die heel eerste keer in ’n fliek speel en die man teenoor haar in die hoofrol is die liefde in haar lewe – nou ja, dan skep dit mos net daardie tikkie ekstra.
En aanhangers van die sangers Elizma Theron en Theuns Jordaan kan maar weet: Die nuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans hét daardie ietsie ekstra.
Die derduisende aanhangers van twee van die land se gewildste sangers wag al lank om te hoor of almal se vermoedens toe rêrig waar was en nou het Elizma self die sluier gelig. Net so ’n rapsie, maar tog.
Lees Huisgenoot se onderhoud met Elizma hier.