Eerste Fiestas was ‘n makietie om te onthou

2011-02-04 13:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die eerste kykNET Fiestas is Donderdagaand in die Kunstekaap-operahuis in Kaapstad oorhandig.

Tydens die geselligheid is Afrikaanse kunstenaars wat verlede jaar op die verhoog en agter die skerms goed presteer het, vereer en hulde gebring aan Afrikaanse feeste wat ’n platform vir nuwe produksies bied.

Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET, glo dat teater en televisie nie in isolasie kan funksioneer nie, en dat dit belangrik is om erkenning te gee aan die ongelooflike werk wat in die Afrikaanse teater en vermaaklikheidsbedryf gelewer word. Die talent en kreatiwiteit spreek boekdele van die stand van Afrikaans en die ryk toekoms wat voorlê.

Die produksie As die broek pas het goed gevaar en pryse ontvang in die kategorieë beste aanbieding, beste teaterontwerp, beste prestasie in ’n solovertoning en beste aktrise.

Nicola Hanekom het Fiestas gewen in die kategorieë beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering en beste regie vir haar produksie Betésda.

Die Argitekbekke se produksie Afrikaaps het weggestap met Fiestas vir Moenier Adams as beste opkomende kunstenaar en vir die beste musiekgedrewe produksie.

Daar is ook drie gewildheidspryse toegeken: Die US Woordfees het gewen as gewildste fees, die Hatfield Karnaval vir die gewildste musiekgebeurtenis, en Bobby van Jaarsveld is aangewys as die gewildste Fies­ta-gasaanbieder vir 2010.

Die volledige lys van wenners is:

  • Beste opkomende kunstenaar: Moenier Adams vir sy vertolking in Afrikaaps.
  • Beste teaterontwerp: Marthinus Basson vir sy stelontwerp in As die broek pas. 
  • Beste Fiesta-aanbieder: Bobby van Jaarsveld.
  • Beste spel in ’n solovertoning: Antoinette Kellermann vir haar vertolking in As die broek pas. 
  • Beste regie: Nicola Hanekom vir Betésda. 
  • Beste prestasie in klassieke musiek: James Grace vir Around the World in 60 Minutes. 
  • Gewildste musiekgebeurtenis: Hatfield Karnaval.
  • Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie: Afrikaaps. 
  • Beste byspeler: Theodore Jantjies vir sy vertolking in Vaselinetjie. 
  • Beste vrouebyspeler: Bettie Kemp vir haar vertolking in Dood van ’n verkoopsman. 
  • Beste akteur: André Odendaal vir sy vertolking in Magspel. 
  • Beste aktrise: Antoinette Kellermann vir haar vertolking in As die broek pas. 
  • Gewildste fees: Woordfees.
  • Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering: Nicola Hanekom vir Betésda. 
  • Beste aanbieding: As die broek pas.
  • Bettie Kemp is bekroon as beste byspeler vir haar spel in Dood van ’n verkoopsman

Die Fiestas word Saterdag om 20:30 op kykNET uitgesaai.

-Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Test Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000 - R20000

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

AUDI

A4 Avant 1.8T Multitronic 7-sp MY05
2007
R 265,000.00

NISSAN

X-Trail 2.2D SEL Dsl 4x4
2007
R 239,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.