Eden se Jay gaan solo
2010-08-26 11:47
Kaapstad - Jay du Plessis van die Afrikaanse boy band Eden is deesdae ‘n solokunstenaar, met ‘n eie album op pad, berig HuisgenootTempo.
Hy beskryf sy eerste solo-album, wat nog nie ‘n naam het nie, se styl as “poprock”.
‘‘Die styl staan ’n bietjie weg van Eden se klank, en ek gaan beslis ’n orkes by al my optredes hê,” het hy aan HuisgenootTempo gesê.
“Met hierdie album betree ek ’n nuwe, opwindende fase in my lewe.’’
Intussen maak hy ook opnames saam met ander kunstenaars. Die musiekvideo van sy en Lianie May se duet "Toe Stop My Hart" het juis vanjaar die Tempo-toekenning vir die musiekvideo van die jaar gewen.
Hy tree wel steeds saam met Eden op, maar volgens Du Plessis wil hy meer begin fokus op sy eie loopbaan.
Lees meer by HuisgenootTempo.
- Volg Nuus24 op Twitter.