Eddie Murphy nie meer gasheer by Oscars
2011-11-10 10:21
Los Angeles – Die akteur en komediant Eddie Murphy het bedank as gasheer van die Oscars.
Murphy se bedanking volg nadat Brett Ratner, Amerikaanse regisseur, Dinsdag sy bedanking as vervaardiger van volgende jaar se Oscar-toekennings ingedien het weens ‘n “onaanvaarbare” opmerking wat hy oor homoseksualiteit gemaak het.
“Ek verstaan en ondersteun elke party se besluit met betrekking tot die verandering vir volgende jaar se Oscar-seremonie. Ek het daarna uitgesien om deel te wees van die program wat ons produksiespan en skrywers besig was om te ontwikkel. Maar ek is seker dat die nuwe produksiespan en nuwe gasheer ook goeie werk sal lewer,” het Murphy gesê.
Tom Sherak, president van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, het gesê hy verstaan hoe Murphy voel oor die feit dat hy sy kreatiewe vennoot, Brett Ratner, verloor het en hulle wens hom alle sterkte toe.
Murphy het gereed gemaak om die Oscars op 26 Februarie 2012 vir die eerste keer aan te bied. Dit is nog nie bekend wie hom gaan vervang nie.
Ratner, wie se werk die film X-Men: The Last Stand in 2006 insluit, het verlede week 'n aanstootlike opmerking gemaak tydens ‘n bespreking oor die film Tower Heist.
Hy is uitgevra oor hoe hy te werke gaan, waarop hy geantwoord het dat repitisies vir "fags" is.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.