Eclipse se verduisterende sukses
2010-07-01 03:01
Los Angeles – Die derde film in die Twilight-reeks, Eclipse, het weereens die rekords laat spat met sy middernagvertonings.
Eclipse het Woensdagaand meer as R210 miljoen laat inrol met sy middernagvertonings, het die verspreiders van dié film, Summit Entertainment, gesê.
Dit is selfs meer as die vorige Twilight-film, New Moon.
Hierdie is egter net ‘n voorsmakie van die sukses wat op die nuutste rolprent in die Twilight-reeks wag, voorspel film-kritici.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA