Ecclestone haal R58 milj. uit vir dogter se troue
2011-08-29 14:22
Los Angeles – Die Formule Een-grootbaas Bernie Ecclestone het £5 miljoen (sowat R58 miljoen) op sy jongste dogter se troue spandeer.
Die 24-jarige Petra het Saterdag met die Britse sakeman James Stunt by die Odescalchi-kasteel in Italië getrou.
Bekendes soos Eric Clapton, Andrea Bocelli, die Koninklike Filharmoniese orkes sowel as die Amerikaanse popgroep The Black Eyed Peas is spesiaal na Italië gevlieg om die gaste te vermaak.
Prinsesse Beatrice en Eugenie sowel as hul ma, Sarah, het met die sosiale vlinders Paris en Nicky Hilton skouers geskuur.
Petra se trourok is deur die mode-ontwerper Vera Wang gemaak.
– Daily Mail.
– Volg Nuus24 op Twitter.