Eastwood-film nie in Japan gewys

2011-03-16 12:58
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Clint Eastwood se fliek, Hereafter, sal voortaan nie in Japannese teaters gewys word nie nadat ‘n dodelike aardbewing en reuse-tsoenami dié land getref het, het Warner Bros besluit.

Die rede vir Warner Bros se besluit is omdat dié film tonele van die tsoenami wys wat die Indiese Oseaan in 2004 getref het. Altesaam 230 000 mense is in die tsoenami dood.

Die huidige dodetal in Japan word op 2 400 beraam, maar daar word berig dat ongeveer 10 000 mense gesterf het. Duisende mense word steeds vermis.

Volgens Satoru Otani, ‘n beampte van Warner Bros, is Hereafter se verskriklike tsoenami-tonele nie geskik op hierdie tydstip nie.
 
Die film het laat in Februarie in Japan begin draai en sou tot einde van die maand in teaters te sien wees.

Die filmmaatskappy het ook die vrystelling van die film, The Rite, waarin Anthony Hopkins speel uitgestel. Dit sou hierdie naweek in bioskope begin draai het.

"Met die tragiese natuurrampe wat in Japan gebeur het, gaan die film Hereafter nie meer in teaters vertoon word nie en die vrystelling van The Rite is tot ‘n latere datum uitgestel," het Warner Bros in 'n verklaring gesê.

- Vir meer inligting besoek BBC.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: clint eastwood  |  japan  |  bekendes  |  films

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.