Durrant vierde keer benoem

2010-01-07 07:53
Tweets Share Share line Print

Amanda Botha

Los Angeles - Die filmmaker Roberta Durrant het ’n vierde nominasie vir ‘n gesogte Emmy-toekenning – die Oscars van die internasionale televisiebedryf – ontvang wat haar tot in die finale ronde gebring het.

Sy en haar medevervaardiger, Portia Gumede, se produksiereeks Sokhula & Partners, wat vir die SABC vervaardig is, is in die drama-kategorie benoem en het onder die vyf beste produksies in die wêreld geëindig.

Sokhula & Partners is ‘n gedramatiseerde weergawe van sleutel hofsake wat in die Konstitusionele Hof verhoor is sedert die Suid-Afrikaanse grondwet in 1996 aanvaar is. Die ander genomineerde dramareekse wat ook in die eindronde om die Emmy meegeding het, was inskrywings van Mexiko, Suid-Korea, Denemarke en Brittanje.

Durrant is vir die eerste keer in 2004 vir ‘n Emmy benoem vir die gewilde komediereeks Stokvel. Daarna het sy ook in 2007 en 2008 ‘n benoeming ontvang vir haar reeks Home Affairs.

Meer as sestig lande is betrokke – uitgesluit die VSA – en vir die 2009 Emmys is 788 inskrywings uit 48 lande ontvang. Emmys word in vyftien kategorieë toegeken. Die Internasionale Akademie vir Televisie, Kuns & Wetenskap met sy hoofkantoor in New York doen die jaarlikse toekennings. Die Akademie word beskou as ‘n kulturele vertoonvenster van die beste wat vir die medium buite Amerika geskep word.

Jaarliks word ook spesiale toekennings gedoen om die prestasie van uitnemendheid van individue te vier. Sir David Frost is pas vereer vir sy uitsonderlike onderhoudstyl wat gelei het tot die skep van die rolprent Frost/Nixon.

- Die Burger

Lees meer oor: bekendes  |  toekennings

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.