Duiwe jaag Kings of Leon van verhoog af
2010-07-26 19:43
St. Louis – ‘n Infestasie van duiwe het die rockgroep Kings of Leon Vrydagaand met voëlmis by die Verizon Wireless-amfiteater gebombardeer en ‘n vinnige einde aan die groep se konsert gebring.
Dié gewilde groep se bestuur, Vector Management, het in ‘n verklaring gesê dat die baskitaarspeler, Jared Followill, talle kere getref is.
Die voëlmis het selfs naby sy mond geval wat nie goed vir sy gesondheid kan wees nie, het die bestuursmaatskappy gesê.
Die gehoor het glo rusteloos geraak toe die groep van die verhoog af loop.
‘n Aankondiging het hulle daarna in kennis gestel dat die konsert verby is.
Volgens Live Nation, wat die konsert gereël het, sal aanhangers terug betaal word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP