Drink 'n rooie op Ryk
2011-02-10 15:16
Kaapstad – Die Olimpiese swemmer Ryk Neethling hou sy lyf deesdae wynmaker met sy unieke versnitwyn wat reeds by 26 uitgesoekte restauarante beskikbaar is.
Dié wyn vorm deel van Val de Vie se eksklusiewe Rhône-styl.
Dit is laat in Oktober 2010 gebottel en slegs 150 bottels van dié beperkte wyn sal spesiaal vir die bekendstelling wat op Vrydagaand 11 Februarie sal plaasvind, gemaak word.

Die wyn bestaan uit vyf verskillende kultivars, naamlik: syrah, carignan, mouvédre, grenache en cinsaut.
Volgens Ryk was dit nog altyd sy droom om sy eie wyn te maak en dit is hoekom hy en Val de Vie se wynmaker, Harold Versfeld, koppe bymekaar gesit het om sy ambisie en lewenslange droom te verwesenlik.
Neethling het in September verlede jaar as ’n kleinskaalse wynmaker gekwalifiseer nadat hy die Garagiste-wynmakerskursus aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het.

Ryk was ook bewus van wat ‘n goeie wyn sal maak en hoe om die perfekte balans te kry. Sy wyn het ‘n besonderse vrugtesmaak en pas perfek in by Val de Vie se Shiraz en Polo Club-rooiwyn.
- Volg Nuus24 op Twitter.