Douglas kan stem verloor

2010-08-18 20:46
Tweets Share Share line Print

Los Angeles - Die akteur Michael Douglas kan sy stem weens keelkanker verloor, terwyl sy vrou, Catherine Zeta-Jones, veg om die familie bymekaar te hou, berig Dailymail.co.uk.

Gedurende die lang, warm weke van Lente in New York het Michael Douglas ewe skielik so oud soos hy is begin lyk.

Hy het saam met sy seun Cameron, wat van dwelmhandel aangekla is, hof toe gegaan. Dit was duidelik dat die akteur gewig verloor het. Hy het grys en moeg voorgekom.

Soos die somer voortgeduur het, het Douglas al hoe meer broos en moeg begin lyk, terwyl sy vrou ook tekens van ongelooflike spanning begin wys het.

Die akteurs wat saam met Zeta-Jones  in die Broadway-produksie A Little Night Music opgetree het, het opgemerk dat sy teen die einde van Julie gesukkel het om haar woorde te onthou. In ‘n stadium het dit selfs geklink asof die 40-jarige se tong sleep.

Dié gedrag is deur waarnemers toegeskryf aan Cameron wat eindelik vyf jaar tronkstraf opgelê is. Maar nou weet ons die hele verhaal agter hoekom haar man so siek gelyk het en hoekom sy so wisselvallig opgetree het.

Dit Blyk Douglas het ‘n paar weke gelede uitgevind sy seer keel en slukprobleme dui op ‘n ernstige probleem.

Die akteur, wat 65 jaar oud is en dekades lank gerook het, het ‘n gewas in sy keel. Nadat dit ondersoek is, is daar besluit op ‘n agt week lange kursus van chemoterapie en radioterapie.

Die doel van hierdie terapie is dat dokters kan vermy om ‘n operasie op sy larinks uit te voer. Dit is waarskynlik sy beste kans om sy stem te behou, aangesien die gewas blykbaar al erg gegroei het.

Lees meer by Dailymail.co.uk.
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.