Dorpstraat Restaurant Teater blom op Summerhill

2011-09-07 14:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Dorpstraat Restaurant Teater in Stellenbosch was vir jare ‘n gewilde uithangplek vir jonk en oud om saam te kom, optredes deur gewilde kunstenaars te geniet en sommer saam met bekendes in die vermaaklikheidswêreld te kuier.

Nietemin het die ou geboutjie onder in Dorpstraat aan die einde van 2009 sy deure toegemaak en ‘n stukkie van Stellenbosch se persoonlikheid saam met dit geneem.

Tog het dit nie die einde beteken vir hierdie karaktervolle teater nie en in Desember 2009 het die restaurant-teater na die plaas Summerhill net buite Stellenbosch getrek.

Die klein span wat agter die sukses van hierdie geskiedkundige restaurant-teater staan het alles ingesit om hul nuwe plek op te dollie en in Maart 2010 het die eerste nuwe optredes begin.

Dorpstraat Restaurant Teater is nou al vir meer as ‘n jaar in hul nuwe ’tuiste’ en Nuus24 het besluit om met een van die eienaars, Anita Bredenkamp, te gesels om te hoor hoe dit met hulle gaan.

Waar is Dorpstraat Restaurant Teater nou geleë?

Dorpstraat Restaurant Teater is nou op die R44 Klapmuts-pad (die gedeelte tussen Stellenbosch en Paarl) op ‘n wynplaas met die naam Summerhill.

Lok julle nog die ou ‘regulars’ of het julle ‘n hele klomp nuwe kliënte by gekry?

So ‘n paar van ons ou ‘regulars’ het saam getrek maar ons het ‘n hele klomp nuwe familielede bygekry.

Hoeveel vertonings doen julle in ‘n week?

Tans doen ons gemiddeld drie vertonings ‘n week, maar ons strewe daarna om vyf ‘n week te hê.

Hoe is dit vir jou om heeldag met celebs te werk?

Ek is nou al so lank in die bedryf, die kunstenaars voel nie meer soos celebs nie, maar eerder soos familie. Kunstenaars is maar net gewone mense soos ek of jy.

Wie, in jou opinie, is die grootste Suid-Afrikaanse musieklegende wat nog in Dorpstraat opgetree het?

Dit is ‘n baie moeilike vraag. Dit is soos om vir ‘n ma te vra watter een van haar kinders is haar gunsteling. In ons oë is alle kunstenaars wat die Suid-Afrikaanse mark betree legendes in eie reg. Die blote feit dat hulle hul eie lewens prysgee om ons lewens te verryk maak hulle almal legendes.

Ek kan wel sê dat dit na al hierdie jare vir ons steeds ‘n eer en ‘n voorreg is as mense soos Coenie de Villiers, Chris Chameleon, Valiant Swart, Anton Goossen, Koos Komuis en Karen Zoid (om net ‘n paar te noem) by ons kom optree.

Hulle het, en doen nog steeds, so baie vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en dit is vir ons wonderlik dat hulle nog steeds by ons nederige venue kom speel.

Wanneer het die teater oorspronklik oopgemaak?

Die teater is in die negentigs oopgemaak as Gigi’s Bistro. Hulle het hoofsaaklik kos bedien en het later begin om oor naweke ook lewendige musiek te doen. Vandaar het die teater gegroei tot waar ons vandag as een van die oudste, indien nie die oudste, Restaurant Teaters in die land ‘n bestaan maak.

Ons is seker as die mure kon praat sou daar talle diep donker geheime uitgekom het. Mag jy ‘n geheim met ons deel?

'What happens in Dorpstraat, stays in Dorpstraat.'

‘n Mens praat nie uit oor familie nie. Wat ek wel kan sê is, glo dit of nie, maar daar is nie ‘n kunstenaar wat hier optree wat nie senuwees het voor ‘n vertoning nie. Maak nie saak hoeveel jare hulle al in die bedryf is of hoe gesout hulle is nie, hulle bly maar senuweeagtig.

Die meeste van hulle moet ‘n mens maar bietjie paai voor hulle op die verhoog klim, maar as hulle eers daar is… wel ons het almal al ‘n show gekyk nê.

Julle het ook ‘n restaurant, so gaste kan lekker eet en drink terwyl hulle na ‘n vertoning kyk. Wat kan jy op die spyskaart aanbeveel?

Ons beste verkoper is ons Dorpstraat Beef Burger.

Ons maak die patty self van 100% steak-maalvleis. Ons sit Camembert in die middel, so as die patty gaar word smelt die kaas deur die vleis.

Dit word bedien met gekaramaliseerde uie en die beste chips hierdie kant van Stellenbosch… al moet ek dit nou self sê!

Alle souse en geregte word deur ons gemaak, so jy kan enige iets op die spyskaart bestel en verseker wees van goeie gehalte, varsheid en om nie eens te praat van die lekker nie.

Wat maak Dorpstraat wat dit is?


Ek dink dit is omdat ons elke dag begin met die volgende in ons agterkop:  Om ‘n teater daar te stel waar kunstenaars en gaste tegelykertyd welkom, geborge en spesiaal voel.

Vir ons is die teater en die bestuur daarvan nie net ‘n werk of ‘n manier om geld te maak nie. Ons sien dit as ‘n diens aan die gemeenskap en ons beskeie bydrae tot kuns en kultuur in ons land.

Daarom probeer ons altyd om vir diegene wat deur ons deur stap, of dit nou kunstenaar, kliënt of personeel is, ‘n omgewing te skep waarin hulle tuis, veilig en geliefd voel sodat hulle die beste kan wees wat hulle kan wees. 

Na watter shows kan ons in September uitsien?

1 September    Gratis Donderdag/Free Thursday    GRATIS

2 September    Riku Lätti en Les Javan    R60

3 September    The Grades    R60

7 September    Marc Lottering    R100

8 September    BOO!    R120

9 September    Sibanye    R50

10 September  Glaskas    R80

14 September  Kaalvoet en die volgende oggend – CD Launch    R tbc

15 September  Gratis Donderdag / Free Thursday met Ilse Lotz    GRATIS

16 September  Coenie de Villiers    R120

21 September  Fees van die Ongenooides met Chris van Niekerk    R100

22 September  Gratis Donderdag / Free Thursday met Melanie Basson , Schalk Joubert en Robert Bolton    GRATIS

23 September  Mr. Cat & the Jackal    R60

24 September  Antoinette Pienaar (Oggend vertoning)    R tbc

24 September  Tony Smith    R tbc

28 September  Arno Carstens en Albert Frost    R100

29 September  Gratis Donderdag / Free Thursday    GRATIS

30 September  Accoustica: Featuring the Graham Gillot Band and Jesse Jordan    R80

– Besoek Dorpstraat Restaurant Teater se webwerf hier.

– Besoek hul Facebook-blad hier.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: stellenbosch  |  bekendes  |  vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.