Dokumentêr oor Jackson in Brittanje gewys
2011-11-03 10:05
Londen – Terwyl die wêreld wag vir die slotbetoë in die verhoor van Michael Jackson se dokter is ‘n dokumentêr wat hulde bring aan die sanger in Brittanje vertoon.
Michael Jackson: The Life of an Icon is Woensdag vir die eerste keer by Londen se Empire Leicester Square gewys.
Volgens David Gest, vervaardiger van die dokumentêr, is die doel van die film om die rekord reg te stel oor die Koning van Pop, wat in Junie 2009 gesterf het.
Die film bestaan uit onderhoude met familielede en vriende wat na aan Jackson was sowel as beeldmateriaal en foto’s van die sanger wat nog nooit vantevore gesien is nie.
Jackson se ma, Katherine, het ‘n beplande reis na Londen gekanselleer om die finale dae van dr. Conrad Murray, Jackson se persoonlike dokter, by te woon.
Die dokumentêr is Maandag in Brittanje op DVD vrygestel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP