Dokumentêr fokus op Mamma Obama
2009-09-10 05:44
Los Angeles - VSA president Barack Obama se ma sal die fokus van ’n nuwe dokumentêre film wees.
Die verfilming van Stanley Ann Dunham: A most generous spirit, sal na verwagting volgende jaar begin.
Die dokumentêr behoort in 2011 vrygestel te word, het die uitvoerende vervaardiger, Mary Aloe, Woensdag gesê.
Dit is nog nie bekend of dit op televisie of in teaters vertoon sal word nie.
Volgens Aloe weet pres. Obama van die film.
Die dokumentêr sal fokus op Dunham se rol as die president se ma, maar ook op haar hulp aan vroue in ontwikkelende lande in die vorm van miko-finansiering.
Dunham is in 1995 aan kanker dood op die ouderdom van 52.
- Sapa-AP