Pete Doherty verdagte in inbraak-saak
2011-03-12 08:38
Berlyn – Die Britse rockster Pete Doherty is ‘n
verdagte in ‘n inbraaksaak ná ‘n kitaar in die vroeë oggendure uit ‘n
winkel in Regensburg in Duitsland verdwyn het.
Owerhede van Regensburg sê Doherty en twee
medepligtiges word daarvan verdink dat hulle 'n winkelvenster uitgeslaan en
'n kitaar gegryp het.
Doherty, hoofsanger van die groepe Libertines en Babyshambles,
is nog nie in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, het ‘n
woordvoerder vir die Regensburg-polisie gesê.
Doherty en een van sy mede-verdagtes, ‘n 35-jarige man van Berly, het glo tydens ondervraging erken dat hulle in
die vroeë oggendure in die middestad was.
Die derde lid van die trio het Regensburg
reeds verlaat.
Hulle het erken dat hulle in hul dronkenskap
die winkelvenster stukkend geslaan het, maar wat daarna gebeur het kan nie een van hulle onthou nie.
Die kitaar is by ‘n
nabygeleë kerk gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA