Dít is hoekom Mej. SA onttrek het
2012-07-09 08:45
Johannesburg – Die rede vir Melinda Bam, Mej. SA, se skielike onttrekking aan die Mej. Wêreld-kompetisie is die afgelope naweek onthul.
Die 23-jarige Bam het glo ’n voorste plastiese chirurg oor ’n borsvergroting genader, het Rapport berig. Sy het die saak ook met haar voorgangers, Cindy Nell en Nicole Flint, bespreek.
Met ’n groter bra-grootte het die 1,7 m lange skoonheid dalk ’n groter kans om in Desember as Mej. Heelal gekroon te word.
’n Bron na aan die Mej. SA-kompetisie het die nuus oor die beplande operasie uitgelap.
“Sun International gee haar genoeg tyd om die chirurgie te laat doen sodat sy die hele pakket het vir die skoonheidskompetisie in Desember. Haar ouers betaal vir die operasie.”
Bam het dit eers ontken: “Wat? Ek? Nee, nie ek nie!”
Later het sy teruggekrabbel: “As jou bronne Cindy Nell en Nicole Flint is, dan ja.
Sue Klerck, woordvoerder van Sun International, het dié gerugte as “belaglik” afgemaak.
Bam en haar woordvoerders het vroeër gesê sy het weens persoonlike redes aan die kompetisie onttrek en het niks verder gesê nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter