District 9-regisseur beplan ‘n zef video
2010-03-04 23:08
Kaapstad – Neill Blomkamp, die Suid-Afrikaans gebore regisseur van District 9 wat die wêreld aan die gons het, beplan om die plaaslike groep Die Antwoord se volgende musiekvideo te maak.
Die Antwoord, wat oornag die wêreld op hol gehad het met hul unieke musiek en voorkoms, het dié inligting in ‘n onderhoud met New York Magazine bekend gemaak.
Nadat Die Antwoord slegs drie weke die internet oorstroom het, is dit bevestig dat Blomkamp die leisels in hul nuwe video gaan neem.
- Channel24