Disney stel voorskoolse kanaal in SA bekend
2011-06-01 16:55
Kaapstad - ‘n Nuwe Disney-kanaal, gemik op kinders tussen die ouderdom van twee en sewe jaar, gaan van Junie af op kanaal 309 van DStv op die lug wees, berig Channel24.
Disney Junior is ‘n multiplatform-kanaal vir voorskoolse kinders. Programme soos Mickey Mouse Clubhouse, Jungle Junction, Handy Manny en Special Agent Oso sal op ‘n daaglikse basis uitgesaai word.
Die kanaal beloof om klassieke verhale, geliefde karakters, goeie musiek en onderrig te verskaf deur die voorsiening van programme wat van so 'n aard is dat beide kinders en ouers daarna kan kyk.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Channel24