Disney sluit Miramax Films
2010-01-30 12:52
Los Angeles - Miramax Films, die rolprentmaatskappy wat Oscar-bekroonde films soos Shakespeare in Love, The Piano en Chicago vervaardig het, is deur Walt Disney gesluit, het die koerant The Times Vrydag berig.
Sowat 80 mense by die maatskappy se kantore in New York en Los Angeles sal hulle werk verloor, maar Disney beplan glo om Miramax bloot as ‘n handelsnaam aan te hou.
Miramax is in 1979 deur die broers Bob en Harvey Weinstein gestig. Dit is bekend vir sy suksesvolle Oscar-bekroonde rolprente en het die loopbane van regisseurs soos Quentin Tarantino, Kevin Smith en Steven Soderbergh geloods.
Die maatskappy is in 1993 deur Disney gekoop.
- Sapa