Disney se familie groei
2009-08-31 16:29
Los Angeles - Walt Disney sê dit sal die maatskappy Marvel Entertainment Inc. vir $4 biljoen (sowat R31 miljard) in kontant en aandelekapitaal oorneem en karakters soos Iron Man en Spider-man deel van die Disney-familie maak.
Volgens dié ooreenkoms sal Disney eienaarskap van 5000 van Marvel se karaters neem.
Disney het Maandag gesê Marvel aandeelhouers sal $30 (R234) per aandeel in kontant en nog 0.745 van Disney se aandele vir elke Marvel-aandeel wat hulle besit, ontvang.
Disney en Marvel se raadslede het albei die ooreenkoms goedgekeur maar dit benodig nog ‘n die goedkeuring van Marvel aandeelhouers.
- Sapa