Disney-prente vir 12 Oscars benoem
2011-01-27 11:12
Kaapstad - Disney het altesaam 12 Oscar-benoemings gekry vir flieks wat in 2010 uitgereik is.
Die rolprent Toy Story 3 is vir vyf Oscars benoem, Alice in Wonderland is vir drie beeldjies benoem terwyl Day & Night, Tangled, The Tempest en Tron: Legacy elkeen een benoeming ontvang het.
Dit is die derde keer in die geskiedenis van die Oscars dat 'n animasie-fliek in die kategorie beste fliek benoem word.
Die enigste ander animasieflieks wat dit tot dusver kon regkry, was Beauty and the Beast (1991) en Up (2009).
Toy Story-trilogie se Oscar-benoemings staan reeds op 9.
- Vir meer inligting besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.