Dis ‘porno’, kla Kerkbode-leser

2010-11-21 11:43
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Op die voorblad staan ’n meisie met ’n effense glimlag.

Uit die sigbare, ligroos ronding van haar boudjie kan mens aflei sy is heeltemal kaal, maar mens sien nie veel meer nie, aangesien sy die grootste deel van haar lyf agter ’n portret wegsteek.

Baie mense sal dié foto op die voorblad van die tydskrif Pomp kuns noem. Pomp se uitgewer, Hendrik Venter, noem dit ’n simboliese uitbeelding “van die durf, deursettingsvermoë en sterk karakter van die Afrikanervrou”.

Maar ten minste een persoon, wat haar slegs as “anonieme, geteisterde en vernederde vrou” identifiseer, is so deur dié foto ontstel dat sy ’n e-posveldtog begin het.

Pomp is ’n jaarlikse glanstydskrif met kunsfotografie en dieptejoernalistiek en word deur die uitgewer Griffel uitgegee. Griffel adverteer sy publikasies onder meer op die webwerf van Kerkbode, lyfblad van die NG Kerk, en daar is gevolglik op Kerkbode se webwerf ’n skakel na dié van Griffel.

En vir die “anonieme, geteisterde vrou” was dié verband tussen ’n statige kerkkoerant en ’n (volgens haar) kaalbastydskrif een te veel.

Sy het ’n e-posveldtog begin waarin sy mense aanmoedig om die NG Kerk aan te kla weens dié “bevordering van porno” en teen die afgelope week was dié e-pos so wyd in omloop dat sowel Griffel as Kerkbode daarop gereageer het.

In die e-pos kla die skrywer: “Wie het hierdie drek op Kerkbode geplaas??????” Mense wat die e-pos ontvang, word aangemoedig om dit uit druk en as protesgebaar in hul kerk se kollektebord te plaas.

Wat haar luidens die e-pos verder ontstel, is dat mens van Kerkbode se webwerf ook na die uitgewer Bybel-Media se webwerf kan navigeer. En van daar kon jy nog vroeër die afgelope week navigeer na die sosiale netwerk YouTube, waarop ’n uittreksel geplaas is van Bybel-Media se opvoedkundige video LIG op tienerseksualiteit.

Wanneer daar ’n video op YouTube geplaas word, genereer dié webwerf se sagteware outomaties skakels na ander video’s met soortgelyke name. Aangesien LIG op tienerseksualiteit die woord “seks” in sy titel bevat, kry enige besoeker aan dié skakel dus outomaties die geleentheid om ook na ’n klomp ander (beduidend minder Christelike) seksvideo’s te navigeer met name soos “Dronk meisje in park” en “Effy and Cook sex scene 1”.

Dit is onregverdig om Kerkbode of Bybel-Media vir dié klomp sekswebwerwe se inhoud verantwoordelik te hou, kap Adri-Louise van Reenen, departementshoof van die tydskrifmaatskappy, ’n afdeling van Bybel-Media, terug.

“Omdat die video (LIG op tienerseksualiteit) oor seksvoorligting gaan en ‘seks’ een van die sleutelwoorde in die titel is, verskyn daar outomaties skakels na ander seksgerigte video’s naas die Bybel-Media-video op YouTube. Dis ’n YouTube-funksie wat alle materiaal geld wat daar geplaas word. Nóg Kerkbode nóg Bybel-Media het enige beheer daaroor.”

Volgens haar kan mens dit vergelyk met Christelike tydskrifte wat op ’n winkelrak langs pornografiese tydskrifte geplaas kan word. Die uitgewer van die Christelike tydskrifte het geen beheer daaroor nie.

Venter het ook van Griffel en Pomp se kant die insinuasie dat Pomp of Kerkbode iets met pornografie te make het, as “uiters onverantwoordelik, domastrant en lasterlik” afgemaak.

Lees meer oor: kerkbode  |  pornografie  |  pomp  |  kaal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.